Follow Me On Kick 👇🏽
- Підписники
- 33.1M
- Вподобання
- 651.4M
- Перегл.
- 4.1M
- ER
- 1.2%
@digsuster
Ek skryf wat ek nie hardop sê nie. Afrikaanse liedjies met AI. Eerlik. Rou
Digsuster — автор у TikTok: 21.9K підписників, 162K вподобань. У середньому відео набирає 10.4K переглядів, залученість — 1.7%. Найчастіші хештеги: #digsuster, #nuwemusiek і #afrikaansetreffers.
https://www.digsuster.co.za/Орієнтовна ціна рекламної публікації: від $105 до $525, виходячи з приблизно 5–25 доларів за 1000 підписників. Це оцінка за розміром аудиторії, а не заявлений дохід.
Оновлено:
Останнє відео: 2026-10-12
Ek besluit om hom te release! Je weet wat je doet sal vroeg volgende week beskikbaar wees op alle platforms. 🩷 #Digsusternederlands #digsuster #holland #nuwemusiek
“Sterre Kind” gaan oor daardie gevoel wat sommige van ons al van kleins af ken. Dat jy tussen mense kan staan en steeds voel jy pas nie heeltemal nie. Jy is die kind wat te veel droom, te veel dink en vrae vra wat ander mense ongemaklik maak. Jou idees is vreemd. Jou verbeelding loop verder as wat mense verstaan. Jy voel dinge diep en merk dinge op wat ander maklik miskyk. Later kry jy name daarvoor. Te sensitief. Te intens. Te vreemd. Te veel. Dalk word jy die swart skaap. Die een wat nie mooi by die familie, die skool, die kerk, die werk of die wêreld se idee van “normaal” inpas nie. So begin jy jouself kleiner maak. Soos ons grootword, word ander mense se vrese, oortuigings en reëls oor ons gegiet. Hulle vertel ons wat moontlik is, wie ons behoort te wees, wat aanvaarbaar is en watter dele van onsself ons eerder moet wegsteek. En stadig bou ons ’n dop. Die dop is gemaak uit al die kere wat ons stilgebly het om aanvaar te word. Al die kere wat ons onsself bevraagteken het omdat iemand anders so seker van hul waarheid was. Al die dele wat ons moes wegpak om veilig, geliefd of verstaanbaar te wees. Maar die ware self verdwyn nie. Daar bly altyd iets wat trek. ’n Stil calling. ’n gevoel dat daar meer is. Asof daar ’n dun goue draadjie van jou af loop na die sterre, na jou siel, na iets groter as die klein lewe waarin almal jou probeer pasmaak. Jy voel dit wanneer jy jonk is, lank voordat jy die woorde daarvoor het. En omdat niemand anders dit lyk of hulle voel nie, laat dit jou soms nog meer alleen voel. Dan gebeur daar iets. Trauma, verlies, uitbranding, ’n verhouding, ’n trigger of net een oomblik wat jou laat besef: Ek kan nie meer aanhou leef volgens ander mense se weergawe van die waarheid nie. Daardie kraak voel aanvanklik soos alles wat breek. Later besef jy dit was die dop wat begin oopgaan het. Jy begin vra waar jou beliefs vandaan kom. Watter dele van jou lewe werklik joune is. Hoeveel van jou gedrag uit vrees kom. Hoeveel keer jy jou grense weggegee het om mense gemaklik te hou. Boundaries raak dan nie mure nie. Dit word die plek waar jy uiteindelik kan hoor wat binne jou aangaan sonder dat almal se stemme dit oorverdowend maak. En wanneer jy regtig begin binne kyk, ontmoet jy nie ’n nuwe mens nie. Jy ontmoet die een wat nog altyd daar was. Die dromer. Die denker. Die sensitiewe een. Die vreemde een. Die siel wat nooit gebreek was nie, net toegemaak. Die wêreld begin dan amper soos ’n fliek voel. Almal kyk na die skerm. Hulle volg dieselfde storie, dieselfde rolle en dieselfde reëls. Maar jy kan nie meer net saamkyk en maak asof dit alles sin maak nie. Jy begin die patrone raaksien. Die performance. Die maniere waarop mense mekaar leer om klein en bang te bly. Jy kyk nie meer net na die fliek nie. Jy kyk na die mense wat daarna kyk. En jy besef jy het nie wakker geword omdat jy beter as hulle is nie. Jy het net begin onthou dat daar ’n groter waarheid binne jou leef as die een wat aan jou geleer is. Die antwoorde was nooit heeltemal buite jou nie. Die goud was nog altyd onder die klip. Die draad was nog altyd daar. Die siel het nog altyd geweet. “Sterre Kind” is vir die mense wat hul hele lewe lank gevoel het hulle kom van êrens anders af, al staan hulle met albei voete hier. Vir die mense wat moeg is om hul lig kleiner te maak. Vir die mense wat begin besef dat hulle nie hier is om perfek in die wêreld se storie te pas nie. Miskien is ons hier om ons eie een te onthou. #SterreKind #Digsuster #NuweMusiek #AfrikaanseMusiek #AfrikaanseKunstenaar #Awakening #HigherSelf #ShadowWork #InnerlikeWerk #WareSelf #SelfOntdekking #Boundaries #Empath #SwartSkaap #DromersEnDenkers #TeVeel #GoueDraad #TraumaHealing #InnerlikeWêreld #MusiekMetBetekenis
Dit sal so lekker Dinsdag wees as Blommetjie Blou more drop... Bitter bekkie bokkie, hoekom frons jy so? Bietjie baie beter, is jy seker? Blommetjie blou, ek hou van jou Soete sagte sweetie pie, please don’t lie #Digsuster #Afrikaansetreffers #Liedjieskrywer #Blommetjieblou
Станом на 2026-10-12 у Digsuster (@digsuster) 21.9K підписників у TikTok.
Follow Me On Kick 👇🏽
Pro.Cosplayer|HP|Gamer|Streamer|Model 📧adam.mills@americanartiste.com New Cosplay Vlog vid…
Contact ✉️ : wian@wianmagic.com
Living for God, not for man Ryanhd@viralnationtalent.com
Fitness Content Creator
Wildlife • My Animal Family • Travel • Adventure 📍- ⬇️ Links below ⬇️
Pre order our new children's bedtime story book!
CEO of Africa Get Seethrough AI on the App Store now! Promo: bryan@masetalentgroup.com Per…